Glasgow-moltrein

Die 'West Street'-stasie
Binnekant

Die Glasgow-moltrein is 'n moltreinstelsel in Glasgow, Skotland. Die moltrein is in 1896 in gebruik geneem en is die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld (Londen en Budapest se moltreine is ouer). Dit stelsel bestaan uit 'n ondergrondse dubbelsporige ringlyn van 10,4 kilometer met 15 stasies. Die tonnels het 'n diameter van slegs 3,35 meter. Die moltrein is daarom slegs 2,34 meter breed en 2,69 meter hoog. Die spoorwydte is 1 219 millimeter (4 Engelse voet).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne